Eksodus 19:1-6

Eksodus 19:1-6 AFR20

In die derde maand ná die Israeliete se uittog uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die Sinaiwoestyn aangekom. Hulle het van Refidim af weggetrek, in die Sinaiwoestyn aangekom, en in die woestyn kamp opgeslaan. Israel het daar, reg voor die berg, kamp opgeslaan. Moses het opgeklim na God, en die HERE het van die berg af na hom geroep en gesê: “So moet jy vir die huis van Jakob sê, sodat jy die Israeliete kan inlig, ‘Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenare gedoen het, en hoe Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My gebring het. As julle dan nou getrou luister na my stem en my verbond nakom, dan sal julle onder al die volke my persoonlike eiendom wees, al behoort die hele aarde aan My. Vir My sal julle 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees.’ Dit is die woorde wat jy aan die Israeliete moet oordra.”

Video vir Eksodus 19:1-6