Moses het die Israeliete laat wegtrek van die Rietsee, en hulle het uitgegaan na die Surwoestyn. Hulle het drie dae lank in die woestyn getrek en nie water gekry nie. Toe hulle by Mara aankom, kon hulle die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom word die plek Mara genoem. Die volk het teenoor Moses gemor en gesê: “Wat moet ons drink?” Hy het na die HERE om hulp geroep; en die HERE het hom 'n stuk hout gewys. Moses het dit in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die HERE vir hulle 'n vaste voorskrif en 'n bepaling neergelê; daar het Hy hulle getoets. Hy het gesê: “As jy noukeurig luister na die stem van die HERE jou God, doen wat reg is in sy oë, aandag gee aan sy gebooie en al sy vaste voorskrifte nakom, dan sal Ek nie een van die siektes wat Ek op die Egiptenare gelaai het, oor jou bring nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak. ”
Lees Eksodus 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 15:22-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's