Die skrywers van die koning is dadelik ontbied, in die derde maand, die maand Siwan, op die drie-en-twintigste dag. Net soos Mordegai beveel het, het hulle alles neergeskryf vir die Jode, die satrape, die •streekgoewerneurs en die •hoë amptenare van die provinsies, vanaf Indië tot by Kus, 127 provinsies. Dit is geskryf in die skrif van elke provinsie en in die taal van elke volk, ook aan die Jode in hulle skrif en hulle taal. Mordegai het in die naam van koning Ahasveros geskryf en die dokumente verseël met die koning se seëlring. Dit is uitgestuur met boodskappers te perd, ruiters op vinnige perde uit die koninklike stal. Die koninklike bevel het aan die Jode in elke stad en dorp die reg gegee om bymekaar te kom en hulleself te verdedig. Enige gewapende mag van enige volk of provinsie wat hulle aanval, kon hulle verdelg, doodmaak en uitroei – vrou en kind – en hulle vyande se eiendom plunder. Dit alles kon op een bepaalde dag in al die provinsies van koning Ahasveros gedoen word, op die dertiende dag van die twaalfde maand, die •maand Adar.
Lees Ester 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Ester 8:9-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's