Prediker 3:18-22

Prediker 3:18-22 AFR20

Ek het in my hart gesê: Wat mense betref – God toets hulle sodat hulle kan insien dat hulle self diere is. Want die lot van mense en die lot van diere – vir hulle is daar net een lot. Soos die een sterf, so sterf die ander – hulle het almal dieselfde lewensasem. 'n Voordeel van die mens bo die dier bestaan nie, want alles is sinloos. Alles gaan na een plek toe. Alles kom uit die stof en alles keer terug na die stof. Wie weet of dit die lewensasem van mense is wat na bo styg, en of dit die lewensasem van diere is wat na onder daal, na die grond? Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk, want dit is sy beloning. Ja, wie kan hom daartoe bring om te sien wat ná hom sal gebeur?

Gratis leesplanne en oordenkings oor Prediker 3:18-22