Deuteronomium 30:19-20

Deuteronomium 30:19-20 AFR20

Ek roep vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle. Die lewe en die dood, die seën en die vervloeking, hou ek aan jou voor: Kies dan die lewe, sodat jy kan leef, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en aan Hom vas te hou. Want dit is jou lewe: om jou lewe lank te woon op die grond wat die HERE met 'n eed beloof het aan jou voorvaders om aan hulle te gee, aan Abraham, Isak en Jakob.”