Deuteronomium 11:12-15

Deuteronomium 11:12-15 AFR20

Dit is 'n land waarvoor die HERE jou God bly sorg. Die HERE jou God hou voortdurend sy oog daaroor – van die begin tot die einde van die jaar. “ As julle goed luister na my gebooie wat ek vandag vir julle voorskryf, naamlik om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en julle hele wese, dan sê die HERE, ‘Ek sal die reën van julle land op tyd gee, die vroeë en die laatreëns, sodat jy jou koring en jou •nuwe wyn en olie kan insamel. En Ek sal vir jou diere weiding in jou veld gee en jy sal eet en versadig raak.’