Hierdie Daniël het homself onderskei van die toesighouers en satrape, omdat 'n buitengewone gees in hom was; en die koning het beplan om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Daarop het die toesighouers en satrape na 'n rede vir 'n aanklag teen Daniël gesoek in verband met die koninkryk, maar hulle kon geen rede of fout vind nie, omdat hy betroubaar was. Geen nalatigheid of fout is by hom gevind nie. Dié manne sê toe: “Ons sal nie enigiets vind teen hierdie Daniël nie, behalwe as ons iets teen hom vind in die wet van sy God.” Daarna het hierdie toesighouers en satrape by die koning ingestorm en die volgende vir hom gesê: “O koning Darius, leef vir ewig! Al die toesighouers van die koninkryk, die landvoogde, die satrape, die raadsmanne en die •streekgoewerneurs het met mekaar ooreengekom dat die koning 'n verordening moet uitvaardig en 'n verbod moet bekragtig, dat enigiemand wat vir dertig dae 'n bede rig tot enige god of mens, behalwe tot u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word. O koning, vaardig dan nou die verbod uit, en stel 'n bevelskrif op wat nie verander kan word nie, wat as 'n wet van Mede en Perse nie herroep mag word nie.”
Lees Daniël 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Daniël 6:4-9
10 Days
For anyone who wants to make room for God but hates fasting, I have just the thing for you—a 10-day reading plan based on the book, Fast Like Daniel! The Daniel Fast CHANGED MY LIFE, and I’ve watched everyone who has really engaged in this fast receive something great from God! Get ready to plug into Him and watch God create life change!
17 Dae
Die boek Daniël is beide 'n biografie van 'n man wat God geglo het en 'n profetiese visie van wie uiteindelik die wêreld sal regeer. Reis daagliks deur Daniël terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
I don't like fasting! Let's be honest; there's nothing fun about denying yourself the foods you love and the comfortable lifestyle you enjoy. I may not like fasting, but I love the results. The Daniel Fast has CHANGED MY LIFE! If you commit to the fast and follow this plan, it's going to change yours too. Let's make room for God on this incredible journey as we Fast Like Daniel.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's