Daniël 2:17-23

Daniël 2:17-23 AFR20

Toe het Daniël na sy huis gegaan en die saak aan sy metgeselle Gananja, Misael en Asarja meegedeel, sodat hulle om ontferming kon pleit by die God van die hemel oor hierdie geheim, en Daniël en sy metgeselle nie om die lewe gebring sou word saam met die res van die wyses van Babilonië nie. Aan Daniël is die geheim toe in 'n nagtelike visioen geopenbaar, waarop Daniël die God van die hemel geprys het. Daniël het in sy reaksie gesê: “Mag die Naam van God van ewigheid tot ewigheid geprys word, Hy aan wie die wysheid en mag behoort! Hy verander tye en tydperke; Hy sit konings af en stel konings aan. Hy gee wysheid aan wyses en kennis aan wie insig het. Hy openbaar dit wat diep en verborge is; Hy weet wat in die duisternis is. Die lig is by Hom tuis. U, die God van my voorouers, loof en besing ek; want U het my wysheid en krag gegee, en nou aan my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het – die saak van die koning het U aan ons bekend gemaak.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Daniël 2:17-23