Kolossense 3:5-8

Kolossense 3:5-8 AFR20

Daarom moet julle daardie deel van julle wat op die aardse gerig is, doodmaak: onsedelikheid, onreinheid, wellus en slegte begeertes, en ook gierigheid, wat afgodediens is. As gevolg van sulke dinge, kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. Ook julle het vroeër daaraan meegedoen, toe julle nog onder hulle geleef het. Maar raak ook julle van al hierdie dinge ontslae: woede, driftigheid, kwaadwilligheid, lastering, en onwelvoeglike taal wat uit julle mond kom.