Kolossense 3:18-25

Kolossense 3:18-25 AFR20

Vroue, julle moet onderdanig wees aan julle mans, soos dit gepas is vir mense in die Here. Mans, julle moet julle vroue liefhê, en nie verbitterd teenoor hulle raak nie. Kinders, julle moet julle ouers in alle opsigte gehoorsaam, omdat dit vir die Here aanneemlik is. Vaders, julle moenie julle kinders treiter, sodat hulle moedeloos word nie. Slawe, julle moet julle aardse eienaars in alle opsigte gehoorsaam – nie met oëdiens asof julle mense wil behaag nie, maar met 'n opregte hart, uit ontsag vir die Here. Wat julle ook al doen, werk met geesdrif, soos vir die Here, en nie soos vir mense nie, in die wete dat julle 'n erfdeel as beloning van die Here sal ontvang; want julle staan in diens van die Here •Christus. Elkeen wat verkeerd doen, sal immers vir sy verkeerde dade vergeld word; niemand word volgens die uiterlike beoordeel nie.

Video vir Kolossense 3:18-25