Hy het toe gereedgemaak en vertrek. En kyk, daar was 'n man van Ethiopië, 'n eunug, 'n hoë amptenaar van die kandake, die koningin van die Ethiopiërs, wat in beheer van haar hele skatkis was en na Jerusalem gegaan het om te aanbid. Hy was op pad terug, en het op sy wa die profeet Jesaja gesit en lees. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan nader en bly by daardie wa.” Filippus het nader gehardloop, hom die profeet Jesaja hoor lees, en gevra: “Verstaan u wat u lees?” Hy het geantwoord, “Hoe sou ek kon, as niemand dit vir my verduidelik nie?” en Filippus genooi om op die wa te klim en by hom te kom sit. Die Skrifgedeelte wat hy besig was om te lees, was: “Soos 'n skaap is Hy ter slagting gelei, en soos 'n lam wat stom is voor sy skeerder, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is regspraak Hom ontneem, en wie sal sy nageslag kan opnoem? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.” Die eunug sê toe vir Filippus: “Ek vra jou, van wie sê die profeet dit – van homself of van iemand anders?” Filippus het begin praat, en vanuit hierdie Skrifgedeelte die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Lees Handelinge 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 8:27-35
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's