Handelinge 5:34-39

Handelinge 5:34-39 AFR20

Maar toe staan iemand in die Sanhedrin op, 'n •Fariseër met die naam Gamaliël, 'n wetgeleerde met hoë aansien by die hele volk, en gee opdrag dat hulle die mense vir 'n oomblik na buite neem. Daarop sê hy vir hulle: “Israeliete, dink goed na oor wat julle met hierdie mense gaan doen, want 'n ruk gelede het Teudas opgestaan en daarop aanspraak gemaak dat hy iets besonders is, en ongeveer vierhonderd manne het by hom aangesluit. Hy is doodgemaak, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het in die niet verdwyn. Ná hom het Judas, die Galileër, in die dae van die volkstelling na vore getree en die volk agter hom aan tot opstand aangehits. Ook hy het omgekom, en almal wat na hom geluister het, het uitmekaar gespat. Maar nou sê ek vir julle: Los hierdie mense uit en laat hulle gaan, want as hierdie plan of onderneming die werk van mense is, sal dit tot niet gaan; maar as dit van God af kom, sal julle hulle nie kan keer nie – moenie dat dit blyk dat julle teen God veg nie!” Hulle het toe na hom geluister.