Agrippa het aan Festus gesê: “Ek sou self ook graag die man wou hoor.” Hy het geantwoord: “Môre sal jy hom hoor!” Die volgende dag het Agrippa en Bernice met groot vertoon opgedaag. Hulle het saam met die chiliarge en die vooraanstaande manne van die stad die ontvangsaal binnegegaan. Toe is Paulus op bevel van Festus na binne gebring. Daarop sê Festus: “Koning Agrippa, en al die mans hier saam met ons teenwoordig, kyk, hier is die man oor wie die hele skare Jode in Jerusalem, en ook hier, 'n beroep op my gedoen het, terwyl hulle luidkeels te kenne gegee het dat hy nie langer behoort te leef nie. Ek kon egter niks vind wat hy gedoen het om die dood te verdien nie, maar omdat hy hom op Sy Majesteit beroep het, het ek besluit om hom daarheen te stuur. Ek het egter niks konkreets om oor hom aan my heer te skryf nie. Daarom het ek hom voor julle laat verskyn, en veral voor u, koning Agrippa, sodat ek ná afloop van hierdie voorondersoek iets sou kon hê om te skryf. Dit lyk immers vir my onredelik om 'n gevangene aan te stuur sonder om die aanklagte teen hom aan te dui.”
Lees Handelinge 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 25:22-27
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's