Nadat Paulus 'n tyd lank daar gebly het, het hy weer vertrek, en van plek tot plek deur die landstreek van Galasië en deur Frigië gereis, en al die dissipels versterk. 'n Jood met die naam Apollos, 'n boorling van Aleksandrië, het in Efese aangekom. Hy was 'n welsprekende man, goed onderlê in die Skrifte. Hy het oor die Weg van die Here onderrig ontvang, en geesdriftig gepraat en deeglike onderrig gegee oor die dinge wat op Jesus betrekking het, alhoewel hy net die doop van Johannes geken het. Hy het met vrymoedigheid in die sinagoge begin preek. Toe Priscilla en Akwila hom hoor, het hulle hom huis toe geneem en vir hom die Weg van God nog duideliker uiteengesit. Toe hy na Agaje wou afreis, het die broers hom aangemoedig en vir die dissipels geskryf om hom gasvry te ontvang. Met sy aankoms daar was hy van groot hulp vir diegene wat deur die genade gelowig geword het, omdat hy die Jode kragtig in die openbaar teengespreek het, terwyl hy uit die Skrifte bewys het dat Jesus die Christus is.
Lees Handelinge 18
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Handelinge 18:23-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's