Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink. As ek aan jou trane terugdink, verlang ek daarna om jou te sien, sodat ek met blydskap vervul kan word. Ek dink steeds aan jou opregte geloof, daardie geloof wat eers in jou ouma Loïs, en in jou moeder Eunice was – en ek is oortuig dat dit ook in jou is. Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur. God het ons tog nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
Lees 2 Timoteus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 1:3-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's