2 Samuel 23:20-23

2 Samuel 23:20-23 AFR20

Dan was daar Benaja, seun van Jojada, 'n onverskrokke man uit Kabseël wat groot dade gedoen het. Hy is die een wat die twee manne van Moab, manne met leeuemoed, verslaan het. Dit is hy wat op 'n dag toe dit gesneeu het, binne-in 'n opgaarput afgegaan en 'n leeu neergevel het. Dit is ook hy wat 'n Egiptenaar, 'n indrukwekkende man, verslaan het. Die Egiptenaar het 'n vegspies in sy hand gehad, en Benaja het na hom afgegaan met 'n stok. Hy het die vegspies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie vegspies doodgemaak. Dit was sulke dade wat Benaja, seun van Jojada, gedoen het, en hy het vir hom naam gemaak onder die drie helde. Hy was meer geëerd as die dertig, maar hy was nie die gelyke van die drie nie. Dawid het hom aangestel by sy lyfwag.