Daarna het Dawid die HERE geraadpleeg: “Moet ek optrek na een van die stede van Juda?” Die HERE het vir hom gesê: “Trek op!” Toe vra Dawid: “Waarheen moet ek optrek?” Hy het geantwoord: “Na Hebron. ” Dawid en ook sy twee vroue, Aginoam van Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel, het daarheen opgetrek. En wat sy manne by hom betref, Dawid het hulle laat optrek, elkeen met sy huisgesin; en hulle het in die dorpies by Hebron gaan bly. Die manne van Juda het gekom en Dawid daar as koning gesalf oor die huis van Juda. Hulle het Dawid ingelig en gesê: “Dit is die manne van Jabes in Gilead wat vir Saul begrawe het.” Dawid het toe boodskappers na die manne van Jabes in Gilead gestuur en hulle laat weet: “Mag julle deur die HERE geseën word, omdat julle hierdie trou bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het. Mag die HERE dan nou aan julle guns en trou bewys. Ook ek sal julle beloon vir hierdie daad wat julle gedoen het. Skep nou moed en wees onverskrokke, al is julle heer Saul dood. Net nog dit: Hulle, die huis van Juda, het my gesalf as koning oor hulle.”
Lees 2 Samuel 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Samuel 2:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's