2 Samuel 11:1-5

2 Samuel 11:1-5 AFR20

Teen die jaarwending, wanneer die konings op veldtogte uittrek, het Dawid vir Joab uitgestuur, en saam met hom sy amptenare en die hele Israel. Hulle het die Ammoniete vernietigend verslaan en Rabba beleër. Maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. Op 'n keer het Dawid teen laatmiddag van sy bed af opgestaan en op die dak van die koninklike paleis rondgestap. Hy sien toe van die dak af 'n vrou wat besig is om haar te was; die vrou was besonder mooi. Dawid stuur toe iemand om navraag te doen oor die vrou. Die man het gesê: “Is dit nie Batseba, die dogter van Eliam, die vrou van Urija, die Hetiet nie?” Dawid het boodskappers gestuur en haar laat haal. Sy het na hom gekom en hy het met haar gemeenskap gehad. Sy was juis besig om haar te reinig van haar onreinheid. Sy het toe teruggegaan na haar huis. Die vrou het swanger geword en iemand gestuur om Dawid daaroor in te lig. Sy het gesê: “Ek is swanger.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Samuel 11:1-5