terwyl selfs engele, wat daardie wesens tog in sterkte en krag oortref, nie teen hulle 'n klag van laster voor die Here inbring nie. Aangesien hierdie mense – soos redelose diere, instinkmatige wesens, voortgebring net om gevang en geslag te word – oor dinge laster waaroor hulle onkundig is, sal hulle deur hulle vernietigende optrede ook vernietig word, en as loon vir onreg sal húlle veronreg word. Hulle beskou dit as genotvol om helder oordag te fuif. Terwyl hulle saam met julle feesvier, is hulle skandvlekke, wat hulle verlustig in hulle losbandigheid. Hulle oë is vol owerspel, en hulle kry nie genoeg van sonde nie; hulle verlei onstandvastige siele; hulle harte is geoefen in hebsug; hulle is vervloektes! Omdat hulle die reguit pad verlaat het, het hulle verdwaal, en hulle begewe op die pad van Bileam, die seun van Bosor, wat lief was vir onregmatige loon. Hy is egter tereggewys vir sy oortreding: 'n Donkie, wat stom is, het, deur met die stem van 'n mens te praat, 'n einde gemaak aan die profeet se waansin.
Lees 2 Petrus 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Petrus 2:11-16
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's