2 Petrus 2:1-3

2 Petrus 2:1-3 AFR20

Daar was egter ook vals profete onder die volk, soos daar ook onder julle vals leraars sal wees, wat vernietigende ketterye sal insmokkel, en selfs die Heer wat hulle vrygekoop het, verloën. So bewerk hulle 'n skielike ondergang vir hulleself. Baie sal die losbandighede navolg van daardie mense deur wie se toedoen die pad van die waarheid belaster word. Deur hebsug gedrewe, sal hulle julle met versinde argumente uitbuit. Hulle vonnis staan reeds lankal gereed; ja, hulle ondergang talm nie.

Video for 2 Petrus 2:1-3