2 Konings 7:3-5

2 Konings 7:3-5 AFR20

Daar was vier mans met 'n velsiekte by die ingang van die stadspoort, en hulle het vir mekaar gesê: “Waarom sal ons hier bly totdat ons sterf? As ons sê, ‘Ons gaan die stad binne,’ en daar is hongersnood in die stad, dan sterf ons daar, en as ons hier bly, dan sterf ons. Daarom, kom ons loop oor na die Arameërs se kamp. As hulle ons laat lewe, dan leef ons, en as hulle ons doodmaak, dan sterf ons.” Hulle het toe teen skemerdonker gereedgemaak om na die Arameërs se kamp te gaan. Toe hulle by die kant van die Arameërs se kamp kom, kyk, toe is daar niemand nie!

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Konings 7:3-5