2 Konings 7:1-3

2 Konings 7:1-3 AFR20

Maar Elisa het gesê: “Hoor die woord van die HERE! So sê die HERE, ‘Môre teen hierdie tyd sal 'n sea gesifte meel teen 'n sikkel, en twee sea gars teen 'n sikkel verkoop word in die stadspoort van Samaria. ’ ” Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: “Kyk, al sou die HERE vensters in die hemelruim maak – sou so iets kon gebeur?” Toe sê Elisa: “Kyk, jy gaan dit met jou eie oë sien, maar daarvan sal jy nie eet nie.” Daar was vier mans met 'n velsiekte by die ingang van die stadspoort, en hulle het vir mekaar gesê: “Waarom sal ons hier bly totdat ons sterf?