2 Korinthiërs 8:2-4

2 Korinthiërs 8:2-4 AFR20

dat hulle, te midde van swaar beproewing as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in 'n rykdom aan vrygewigheid van hulle kant af. Ek getuig dat hulle na vermoë, ja, selfs bo vermoë, bereidwillig was. Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges.