2 Korinthiërs 13

13
Slotopmerkings, opdragte en groete
1Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. “In die mond van twee of drie getuies sal elke woord bevestig word.” 2Vir dié wat voorheen gesondig het, en ook vir al die ander, het ek dit tevore, toe ek die tweede keer daar was, gesê; en nou, in my afwesigheid, sê ek dit vooruit, dat wanneer ek kom, ek hulle nie weer sal ontsien nie. 3Julle soek immers 'n bewys dat dit •Christus is wat deur my praat. Hy is nie swak teenoor julle nie, maar is kragtig onder julle.
4Hy is weliswaar
deur swakheid gekruisig,
maar Hy leef
deur die krag van God.
So is ook ons swak in Hom, maar teenoor julle sal ons saam met Hom leef, uit die krag van God.
5Ondersoek julleself of julle in die geloof is; toets julleself. Ken julle julleself dan nie? Besef julle dan nie dat Jesus Christus in julle is nie? Tensy julle die toets nie deurstaan het nie. 6Maar ek hoop dat julle sal insien dat ons die toets wel deurstaan het. 7Ons bid wel tot God dat julle geen kwaad sal doen nie – nie om te wys dat ons die toets deurstaan het nie, maar sodat julle die goeie sal doen, selfs al sou dit lyk asof ons die toets nie deurstaan het nie. 8 Ons is nie in staat om enigiets teen die waarheid te doen nie, maar wel vir die waarheid. 9Ons is bly wanneer ons swak is en julle sterk – en hiervoor bid ons, naamlik vir julle vervolmaking. 10 Daarom skryf ek hierdie dinge in my afwesigheid, sodat wanneer ek by julle aanwesig is, ek nie streng hoef op te tree volgens die gesag wat die Here my gegee het nie – om op te bou, en nie om af te breek nie.
11Ten slotte, broers, wees altyd bly, streef na vervolmaking, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede – en die God van liefde en vrede sal met julle wees. 12 Groet mekaar met 'n heilige soen. Al die •heiliges stuur vir julle groete.
Seëngroet
13Die genade van die Here Jesus •Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly met julle almal.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

Videos for 2 Korinthiërs 13