2 Kronieke 7:1-10

2 Kronieke 7:1-10 AFR20

Net toe Salomo klaar gebid het, het vuur uit die hemel neergedaal en die •brandoffer en •maaltydoffers verteer, en die heerlikheid van die HERE het die •tempel gevul. Die priesters kon nie die huis van die HERE binnegaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE gevul. Al die Israeliete het gesien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die tempel neerdaal. Hulle het met hulle gesigte na die grond gekniel op die plaveisel, en in aanbidding gebuig. Hulle het die HERE geprys met: “Want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.” Die koning en die hele volk was besig om offers voor die HERE te slag. Koning Salomo het offers van twee-en-twintigduisend beeste en honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag. So het die koning en die hele volk, die huis van God ingewy. Die priesters het op hulle plekke gestaan, asook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE wat koning Dawid laat maak het om die HERE mee te prys met die woorde: “Ja, vir ewig duur sy troue liefde.” Terwyl hulle die loflied van Dawid voorgedra het, het die priesters wat teenoor hulle gestaan het, op hulle trompette geblaas. Die hele Israel het gestaan. Salomo het die binnekant van die voorhof wat voor die huis van die HERE was, geheilig, want daar het hy die brandoffers gebring, asook die stukke vet van die maaltydoffers, omdat die bronsaltaar wat Salomo gemaak het, nie die brandoffers, •graanoffers en die stukke vet kon bevat nie. Salomo het in daardie tyd ook sewe dae lank die Huttefees gevier. Die hele Israel, vanaf Lebo-Hamat tot by die Spruit van Egipte, was saam met hom. Dit was 'n baie groot byeenkoms. Op die agtste dag het hulle 'n gewyde rusdag gevier, want die inwyding van die altaar is sewe dae lank gevier, en die Huttefees sewe dae lank. Op die drie-en-twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hulle woonplekke teruggestuur. Hulle was verheug en met opgeruimde harte oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en Salomo en sy volk Israel gedoen het.

Video for 2 Kronieke 7:1-10