Jagasiël, seun van Sagaria, seun van Benaja, seun van Jeïel, seun van Mattanja, 'n Leviet uit die nageslag van Asaf, oor hom het die Gees van die HERE midde-in die byeenkoms gekom, en hy het gesê: “Luister mooi, die hele Juda, inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So sê die HERE vir julle, ‘Julle moenie bang wees of julle laat afskrik deur hierdie groot menigte nie, want dit is nie julle geveg nie, maar God s'n. Trek môre af, teen hulle uit. Kyk, hulle gaan met die opdraande van Hassis opkom, en julle sal hulle by die eindpunt van die dal voor die Jeruelwoestyn aantref. Julle hoef nie in hierdie geval te veg nie. Neem stelling in, Juda en Jerusalem, staan en aanskou dan die verlossing deur die HERE wat met julle is! Moenie bang wees nie en moet julle nie laat afskrik nie. Trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees. ’ ” Toe kniel Josafat met sy gesig na die grond. Die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die HERE neergeval om voor die HERE in aanbidding te buig. Die Leviete uit die nageslag van Kehat en die nageslag van Korag het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met baie harde stemme te loof.
Lees 2 Kronieke 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 20:14-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's