Wat Asarja, seun van Oded betref – die Gees van God het oor hom gekom, en hy het uitgegaan na Asa toe en vir hom gesê: “Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle wanneer julle met Hom is. As julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind, maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. 'n Lang tyd het vir Israel verloop sonder die ware God, sonder 'n priester wat onderrig gee en sonder die wet. Maar wanneer Israel in sy nood na die HERE, die God van Israel, teruggekeer en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind. In daardie tye was dit nie veilig vir iemand om uit te gaan of in te kom nie, want daar was groot paniek by al die bewoners van die lande. Nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle verward laat raak het deur elke moontlike teenspoed. Maar julle, wees dapper en moenie moed verloor nie, want daar is 'n beloning vir julle werk.”
Lees 2 Kronieke 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 15:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's