1 Timoteus 1:10-13

1 Timoteus 1:10-13 AFR20

vir hoereerders, vir mans wat met mans intiem verkeer, vir diegene wat mense ontvoer, leuens vertel, meineed pleeg of enigiets anders doen wat, volgens die evangelie van die heerlikheid van die lofwaardige God wat aan my toevertrou is, indruis teen die gesonde leer. Ek dank Hom wat my versterk het, •Christus Jesus, ons Here, omdat Hy my betroubaar geag het toe Hy my in sy diens aangestel het – vir my wat voorheen 'n lasteraar, 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Nogtans is ek begenadig, omdat ek uit ongeloof onkundig opgetree het.