1 Samuel 3:4-11

1 Samuel 3:4-11 AFR20

Toe roep die HERE na Samuel en hy het geantwoord: “Hier is ek!” Hy hardloop toe na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie. Gaan lê maar weer.” Hy het toe gaan lê. Die HERE roep toe weer: “Samuel!” Samuel het opgestaan, na Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie, my seun. Gaan lê maar weer.” Samuel het nog nie die HERE geken nie, en die woord van die HERE was nog nie aan hom geopenbaar nie. Die HERE roep toe weer na Samuel vir die derde maal. Hy staan toe op, gaan na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Eli besef toe dat dit die HERE is wat na die seun roep. Eli sê toe vir Samuel: “Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy sê, ‘Spreek, HERE, want u dienskneg luister.’ ” Samuel gaan toe en gaan lê op sy plek. Die HERE het gekom en gaan staan, en geroep soos die vorige kere: “Samuel! Samuel!” Samuel het geantwoord: “Spreek, want u dienskneg luister.” Die HERE sê toe vir Samuel: “Kyk, Ek gaan iets doen in Israel wat elkeen wat dit hoor, se twee ore sal laat tuit.