1 Samuel 22:1

1 Samuel 22:1 AFR20

Dawid is toe daar weg en het ontvlug na die grot van Adullam. Toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom toe.