Dawid het in Nob by Agimeleg, die priester, aangekom. Agimeleg het Dawid vreesbevange tegemoetgegaan en hom gevra: “Waarom is u alleen en is daar niemand by u nie?” Dawid sê toe vir Agimeleg, die priester: “Die koning self het 'n saak aan my opgedra, maar hy het vir my gesê, ‘Niemand mag iets weet van die saak waaroor ek jou stuur en jou opdrag gee nie.’ Ek het met my jong dienaars afgespreek om mekaar op 'n sekere plek te ontmoet. En nou, wat het u beskikbaar? Vyf brode? Gee dit vir my; of wat u ook al het.” Die priester het Dawid geantwoord en gesê: “Gewone brood het ek nie byderhand nie, maar heilige brood is hier wel, as die jong dienaars hulleself maar net van vroue weerhou het. ” Dawid antwoord toe die priester en sê vir hom: “Ek verseker jou, niemand van ons het naby 'n vrou gekom nie, soos dit altyd is wanneer ek op 'n veldtog uittrek. Die toerusting van die jong dienaars is heilig. Dit is 'n gewone sending – hoeveel te meer sal hulle dan nie, met hulle toerusting, vandag heilig wees nie.” Toe gee die priester vir hom heilige brood, omdat daar geen ander brood daar was nie, behalwe die vertoonbrode wat voor die HERE verwyder word om dit met warm brood te vervang op die dag wanneer dit weggeneem word. Op daardie dag was een van Saul se amptenare wat afgesonder is voor die HERE egter ook daar. Sy naam was Doëg die Edomiet, die voorman van Saul se veewagters.
Lees 1 Samuel 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 21:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's