Omdat •Christus dan liggaamlik gely het, moet julle ook julleself bewapen met dieselfde insig, naamlik dat iemand wat liggaamlik gely het, met die sonde klaar is. Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God. Immers, julle het in die tyd wat verby is, al oorgenoeg deel gehad aan dit wat die heidene wil doen: uitspattigheid, begeerte, dronkenskap, brassery, drinkpartytjies en verfoeilike afgodediens. Hulle verstom hulle daaroor dat julle nie meer meedoen aan hierdie selfde stroom losbandigheid nie, en sê lasterlike dinge – hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat gereed staan om oor lewendes en dooies te oordeel. Dit is immers waarom die evangelie ook aan hulle wat reeds dood is, verkondig is, sodat, al sou hulle wel volgens menslike maatstaf na die liggaam geoordeel word, hulle volgens die maatstaf van God na die gees kan leef.
Lees 1 Petrus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Petrus 4:1-6
30 Days
Discover the wisdom of Oswald Chambers, author of My Utmost for His Highest, in this treasury of insights about joy. Each reading features quotations from Chambers along with questions for your own personal reflection. As he inspires and challenges you with his simple and direct biblical wisdom, you will find yourself wanting to spend more time communicating with God.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's