Want hoewel ek vry is van almal, het ek almal se slaaf geword, om soveel mense as moontlik te wen. Vir die Jode het ek soos 'n Jood geword, om Jode te wen; vir diegene onder die wet, soos iemand onder die wet – al staan ek self nie onder die wet nie – om diegene onder die wet te wen. Vir diegene sonder die wet, het ek soos iemand sonder die wet geword – al is ek nie sonder die wet van God nie, maar juis onder die wet van Christus – om hulle wat sonder die wet is, te wen. Vir die swakkes het ek swak geword, om die swakkes te wen; vir almal het ek alles geword, sodat ek ten minste sommige kan red. Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ook ek daarin mag deel.
Lees 1 Korinthiërs 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korinthiërs 9:19-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's