1 Korinthiërs 12:14-19

1 Korinthiërs 12:14-19 AFR20

Inderdaad, die liggaam bestaan nie uit een ledemaat nie, maar uit baie. As die voet sou sê, “Omdat ek nie 'n hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie,” behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? En as die oor sou sê, “Omdat ek nie 'n oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie,” behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? As die ganse liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As alles gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God die ledemate, elke enkele een van hulle, in die liggaam geplaas volgens sy besluit. As alles een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid