Sefanja 1:2-7

Sefanja 1:2-7 ABA

Die Here sê: “Ek sal alles wegvee van die aarde af. Ek sal die mense en die diere doodmaak en wegvee, Ek sal die voëls in die lug en die visse in die see wegvee. Ek sal ook die slegte mense wegvee, die mense wat gekeer het dat ander mense reg doen. Ek sal die mense doodmaak en wegvat van die aarde af,” sê die Here. “Ek sal die mense van Juda en die mense in Jerusalem straf. Ek sal almal doodmaak wat nog die afgod Baäl dien. Niemand sal die name onthou van die afgode se priesters nie. Ek sal al die priesters doodmaak, die priesters wat op die dakke staan en vir die sterre buig, die priesters wat voor die Here buig en belowe om vir Hom presente te bring, maar wat ook belowe om vir die afgod Milkom presente te bring. Ek sal al die priesters doodmaak wat opgehou het om My te dien en wat nie meer vir My vra wat hulle moet doen nie.” Bly stil, die Here is naby! Die dag van die Here is naby. Die Here maak alles gereed, Hy wil mense slag soos 'n mens diere slag om te offer. Hy het hulle geroep en Hy maak hulle reg om hulle te offer.