Romeine 16:25-27

Romeine 16:25-27 ABA

God kan julle geloof sterk maak. Dit is die goeie boodskap wat ek bring, die goeie boodskap oor Jesus Christus. Die mense het voorheen nooit geweet van die boodskap oor Christus nie, maar nou het God vir almal die boodskap oor Christus laat verstaan. Hulle lees dit in die boeke van die profete. God, wat altyd lewe, het gesê al die heidene moet ook die boodskap hoor sodat hulle in Christus kan glo en gehoorsaam kan wees. Kom ons prys altyd vir Jesus Christus en vir God, net Hy het wysheid. Amen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid