ROMEINE 16:25-27

ROMEINE 16:25-27 NLV

God is magtig om julle te laat vasstaan volgens die Goeie Nuus aangaande Jesus Christus wat ek verkondig en ook volgens die plan wat God nou bekendgestel het. Hierdie plan het eeue lank geheim gebly, maar is nou onthul. Soos deur die profete voorspel en in opdrag van die ewige God, is dit aan alle volke bekendgemaak sodat hulle kan glo en die Goeie Nuus kan gehoorsaam. Aan dié God wat enkel en alleen die ware wysheid is, kom die heerlikheid toe, deur Jesus Christus, vir altyd en altyd. Amen.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid