Romeine 10:13-15

Romeine 10:13-15 ABA

Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almal wat tot Hom bid en wat vra Hy moet hulle red. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek. En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is