Vriende, ek wens en bid dat God die Israeliete sal red. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle wil baie graag vir God dien, maar hulle weet nie hoe nie. Hulle weet nie dat God mense vryspreek omdat hulle in Christus glo nie. Hulle wil nie hê God moet hulle vryspreek soos Hy dit wil doen nie, hulle wil hê God moet hulle vryspreek oor wat hulle self doen. Christus het gekom, en nou spreek God mense vry, maar Hy doen dit nie omdat hulle doen wat die wette sê nie, Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.
Lees Romeine 10
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Romeine 10:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's