Vriende, ek wens en bid dat God die Israeliete sal red. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle wil baie graag vir God dien, maar hulle weet nie hoe nie. Hulle weet nie dat God mense vryspreek omdat hulle in Christus glo nie. Hulle wil nie hê God moet hulle vryspreek soos Hy dit wil doen nie, hulle wil hê God moet hulle vryspreek oor wat hulle self doen. Christus het gekom, en nou spreek God mense vry, maar Hy doen dit nie omdat hulle doen wat die wette sê nie, Hy spreek hulle vry omdat hulle glo. Moses het geskryf oor mense wat doen wat God se wette sê sodat God hulle kan vryspreek. Moses het gesê: Elkeen wat doen wat die wette sê, sal lewe omdat hy dit gedoen het. Maar ons lees dat mense moet glo sodat God hulle kan vryspreek. Daar is geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal opgaan na die hemel nie. Dit beteken ons moenie opgaan na die hemel en vir Christus afbring na die aarde nie. Daar is ook geskryf: Jy moenie vir jouself vra wie sal afgaan na onder die aarde nie. Dit beteken ons moenie afgaan na die mense wat dood is om vir Christus te gaan haal nie. Nee, daar is geskryf: Die boodskap van God is naby jou, dit is in jou mond en in jou hart. Daardie boodskap is die boodskap dat ons moet glo. Dit is die boodskap wat ons vir julle bring. As jy met jou mond sê jy glo Jesus is die Here, en as jy in jou hart glo dat God Hom weer laat lewe het, dan sal God jou red. Want ons glo in ons hart, en daarom spreek God ons vry. En ons sê met ons mond dat ons glo, daarom red God ons. Want in die Ou Testament is geskryf: Die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. Ja, Hy spreek almal vry wat glo, dit maak nie saak wie hulle is nie, Jode of mense wat nie Jode is nie. Hy is Here van almal en Hy is baie goed vir almal wat vir Hom vra dat Hy hulle moet red. Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almal wat tot Hom bid en wat vra Hy moet hulle red. Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek. En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is
Lees Romeine 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: Romeine 10:1-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's