Psalms 84:1-12

Psalms 84:1-12 ABA

Vir die leier van die koor: Dieselfde musiek soos vir die lied oor die parskuip. Van die Korag-groep. 'n Psalm. Here, U wat oor alles regeer, ek is lief vir u tempel. Ek wil graag daar wees, ek verlang na die tempel van die Here, ek wil juig oor die God wat lewe. Here, U wat oor alles regeer, die mossies het ook neste, en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjies daar by u altare, my Koning en my God. Dit gaan goed met mense wat in u tempel woon, hulle hou nie op om U te prys nie. Sela Dit gaan goed met mense wat weet dat U hulle sal beskerm en wat graag na u tempel wil kom. Wanneer hulle deur 'n droë vallei moet gaan, dan gaan daar fonteine vir hulle oop en dan laat die eerste reën dit goed gaan. Hulle kry elke maal nuwe krag totdat hulle by God in Sion kom. Here, U wat oor alles regeer, U moet luister wanneer ek bid. God van Jakob, U moet luister. Sela O God, U moet goed wees vir die koning wat ons moet beskerm. U moet sorg vir u gesalfde. Waarlik, een dag in u tempel is beter as 1 000 dae op 'n ander plek. Dit is vir my beter om hier te staan by die deur van die tempel van my God. Ek wil nie woon in die huise van die mense wat verkeerd doen nie. God die Here gee vir ons lewe en beskerm ons, die Here is genadig en Hy gee vir ons eer. Hy gee goeie dinge vir mense wat eerlik lewe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 84:1-12