Hulle het nie gedoen wat die verbond van God sê nie, hulle wou nie lewe soos Hy wil hê nie. Hulle het vergeet wat God gedoen het, hulle het die wonderwerke vergeet wat Hy vir hulle gewys het. Hulle voorvaders het gesien toe God 'n wonderwerk doen in die land Egipte, die land waar die stad Soan is. Hy het 'n pad deur die see gemaak en Hy het hulle laat deurloop, die water het soos 'n muur gestaan. God het sy volk in die dag gelei met 'n wolk en elke nag het Hy hulle met die lig van 'n vuur gelei. God het rotse oopgebreek in die woestyn en Hy het sy volk laat drink van die water diep onder die aarde. Hy het strome water uit klip laat kom, die water het gevloei soos riviere. Maar die mense van Efraim het aangehou om sonde te doen teen God, hulle was opstandig teen die Hoogste God in die land waar daar nie water is nie. Hulle het God getoets en hulle het die kos gevra waarvoor hulle lus was. Hulle het teen God gepraat, hulle het gevra: “Kan God in die woestyn vir ons kos gee om te eet? Dit is waar, Hy het 'n rots geslaan, en daar het water uitgestroom, daar het riviere gevloei. Maar kan God ook brood gee, of kan hy vir sy volk vleis bring?” Daarom, toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword. Dit was soos 'n vuur wat gebrand het teen die nageslag van Jakob, teen Israel. God was kwaad omdat hulle nie geglo het dat Hy sal doen wat Hy belowe het nie, hulle het nie geglo dat Hy hulle sal red nie.
Lees Psalms 78
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 78:10-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's