Psalms 68:5-11

Psalms 68:5-11 ABA

Julle moet sing vir God, julle moet sing oor sy Naam. Julle moet vir Hom 'n pad maak, vir Hom wat deur die droë woestyn ry. Sy Naam is Here, en julle moet vir Hom juig. God is in sy gewyde woonplek. Hy is 'n Pa vir weeskinders en 'n Regter wat reg doen aan weduwees. God laat die mense wat alleen in die wêreld is, in 'n huis woon. Hy bring gevangenes uit die tronk en Hy laat dit goed gaan met hulle. Maar mense wat opstandig is teen Hom, moet woon op 'n kaal en droë plek. O God, toe U begin loop het voor u volk, toe U deur die wilde woestyn geloop het, Sela toe U gekom het, toe het die aarde gebewe, en reën het uit die lug geval. Want God was naby, Sinai-berg was hier, God was naby, Hy, die God van Israel. O God, U het oral baie reën laat val, U het u droë land weer laat lewe. Die mense wat aan U behoort, het daar gewoon, U was goed, o God, U het gesorg vir die mense wat swaarkry.

Video vir Psalms 68:5-11