Psalms 63:1-5

Psalms 63:1-5 ABA

'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. O God, U is my God, ek wil naby U wees. Ek verlang na U hier in 'n droë land, hier is nie water nie, en alles kry swaar om te lewe. Ek het in die tempel na U gekyk, en ek het gesien dat U sterk is en dat U die Koning is. Ek wil dit nou ook weer sien. U doen wat U belowe, en dit is beter as die lewe self. Daarom wil ek U prys. So sal ek vir U dankie sê so lank soos ek lewe, ek sal my hande uitsteek na U toe en ek sal u Naam sê.