Psalms 55:3-8

Psalms 55:3-8 ABA

U moet luister en my antwoord. Ek is baie bekommerd, ek is bang wanneer ek hoor wat my vyande sê, wanneer die mense wat verkeerd doen, my wil laat swaarkry. Want hulle beskuldig my vals, hulle is kwaad en hulle haat my. My hart klop baie vinnig, ek is bang dat ek sal sterf. Ek het bang geword, baie bang, my hele liggaam bewe. Ek het gewens dat ek vlerke kan kry soos 'n duif, dan sal ek wegvlieg en op 'n ander plek gaan woon. Ja, ek sal ver wegvlug en in die woestyn gaan bly. Sela