Psalms 53

53
God help die mense wat reg doen
(Ook Psalm 14)
1Vir die leier van die koor: Die fluite moet speel en julle moet sing. 'n Lied van Dawid.
2Dit is dwase mense wat dink daar is nie 'n God nie.
Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dinge
aan ander mense,
nie een van hulle doen goed nie.
3God kyk uit die hemel na die mense
om te sien of daar iemand is wat verstandig is,
iemand wat vra wat God wil hê.
4Maar hulle het almal sleg geword,
hulle het nie op die regte pad geloop nie.
Nie een van hulle doen goed nie,
nie een nie.
5Besef julle wat sal gebeur
met julle wat slegte dinge doen?
Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet,
julle wat nie tot die Here bid nie,
besef julle wat sal gebeur?
6Julle moet besef dat julle groot sal skrik,
so groot soos julle nog nooit geskrik het nie,
want God sal die vyande van sy volk doodmaak
en Hy sal die vyande se bene oral gooi.
Hulle sal verloor, want God het hulle gelos.
7Ek bid dat daar uit Sion iemand sal kom
wat vir Israel sal red.
Wanneer God dit beter laat gaan met sy volk,
dan sal die nageslag van Jakob juig,
Israel sal feesvier.

Tans Gekies:

Psalms 53: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid