Psalms 51:1-13

Psalms 51:1-13 ABA

Vir die leier van die koor. 'n Psalm van Dawid toe hy seks gehad het met Batseba en die profeet Natan na hom toe gekom het. O God, U moet genadig wees vir my, want U doen altyd wat U belowe het. U is altyd jammer vir u mense, daarom moet U nie meer daaraan dink dat ek opstandig was teen U nie. U moet alles wegneem wat ek verkeerd gedoen het. U moet my reinig en my sonde wegwas soos 'n mens iemand skoon was. Ja, ek weet self dat ek opstandig was, ek vergeet nooit my sonde nie. Ek het sonde gedoen teen U, net teen U, ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie. Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is, U het nie 'n fout gemaak toe U my ge-oordeel het nie. Ek weet, ek het verkeerd gedoen vandat ek gebore is, ek was 'n sondaar voordat ek gebore is. Ek weet, U hou van die waarheid, ook in die donker, U leer vir my wysheid waar niemand dit kan sien nie. U moet my reinig van my sonde, soos die priesters dinge reinig met 'n hisop-takkie. U moet my rein maak soos wanneer iemand iets skoon was, so skoon dat dit witter as sneeu is. U het my baie swaar laat kry, maar U moet my weer vrolik en bly maak, U moet my weer laat juig. U moenie na my sonde kyk nie, U moenie dink aan al die verkeerde dinge wat ek gedoen het nie. O God, gee vir my 'n nuwe hart wat rein is, maak my gees in my nuut, sodat ek altyd aan U kan behoort. U moenie vir my weggooi nie, U moet altyd by my bly.