Vir die leier van die koor: Met fluitmusiek. 'n Psalm van Dawid. Here, U moet luister na wat ek sê, U moet hoor hoe ek kla en sug. My Koning en my God, U moet hoor wanneer ek vra dat U my moet help, want dit is tot U wat ek bid. Here, wanneer ek in die oggend bid, dan sal U hoor. Ek kom staan voor U in die oggend en ek wag dat U my moet help, want U is 'n God wat nie hou van verkeerde dinge nie. Slegte dinge gebeur nie by U nie. Hoogmoedige mense kan nie naby U kom nie, U haat almal wat slegte dinge doen. U laat die mense sterf wat leuens vertel, U haat mense wat ander mense vermoor of bedrieg. Maar ek mag in u tempel kom, want U is baie genadig. Ek sal by u gewyde tempel laag voor U buig om U te eer. Here, ek het vyande. Daarom vra ek dat U my moet lei en vir my moet leer wat reg is, U moet vir my wys hoe ek moet lewe. Ek vra dit, want hierdie mense praat nie die waarheid nie. Hulle dink net oor hoe hulle my kan laat sterf, hulle sê verkeerde dinge oor my, hulle wil my in my graf bring. En wanneer hulle mooi dinge sê, dan is hulle vals. O God, U moet hulle straf. Die planne wat hulle maak, moet hulle self laat sterf. U moet hulle wegjaag na al die kante toe, want hulle doen baie sonde, hulle is opstandig teen U. Maar U moet die mense bly maak, die mense wat vra dat U hulle moet beskerm, U moet hulle altyd laat juig en U moet hulle beskerm. U moet die mense vrolik laat wees, die mense wat lief is vir u Naam.
Lees Psalms 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 5:1-12
7 Days
Each of us is sure to suffer at some point in our lives. As a counselor, I’ve seen sufferers transformed. I’ve seen those once debilitated by trauma learn to suffer well. In this brief devotional, I pray that you will realize that your story is not over. You may experience suffering, but you can suffer well. You can ask, What’s next? instead of getting stuck asking, Why? You can become resilient.
21 Days
Learn how best to pray, both from the prayers of the faithful and from the words of Jesus Himself. Find encouragement to keep taking your requests to God every day, with persistence and patience. Explore examples of empty, self righteous prayers, balanced against the pure prayers of those with clean hearts. Pray constantly.
10 dae
Soms kort jy net die regte woorde om jou gesprek met jou Vader te begin. Hierdie 10 gebede sal jou help om die regte woorde te vind voordat jy self verder uit jou hart uit bid, of jy stil by die Here wil sit, of as ’n groep in gesprek met God wil tree. Hierdie gebede is saamgestel uit die gebedeboek GEBEDE OM JOU HART TE SEËN.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's