Van Dawid.
Here, ek bid tot U, net tot U.
My God, ek glo dat U sal doen wat U belowe het.
U moenie dat ek verloor teen my vyande nie,
U moenie dat hulle juig
omdat dit sleg gaan met my nie.
En ook, ek bid dat mense wat in U glo,
nie sal verloor nie.
Die mense wat nie doen wat U wil hê hulle moet doen nie,
U moet húlle laat verloor.
Here, U moet vir my sê wat U wil hê ek moet doen,
U moet vir my leer hoe ek moet lewe.
Leer my om reg te lewe, soos U wil hê,
want U is die God wat my red,
ek glo altyd dat dit net U is wat my kan help.
Here, U moet onthou hoe U altyd
jammer was vir my,
hoe U altyd gedoen het wat U belowe het.
Here, U moenie dink aan die sondes
wat ek gedoen het toe ek jonk was nie,
U moenie daaraan dink dat ek opstandig was
teen U nie.
U moet aan my dink omdat U altyd doen
wat U belowe het,
omdat U goed is.
Die Here is goed en Hy doen altyd reg.
Dit is hoekom Hy vir sondaars leer
hoe hulle moet lewe.
Hy laat dit reg gaan met mense
wat hulleself nie kan help nie
wanneer ander mense
hulle oordeel.
Hy leer vir die mense wat hulleself nie kan help nie,
Hy leer vir hulle hoe hulle moet lewe.
Die Here doen altyd wat hy belowe het
vir die mense wat gehoorsaam is
aan sy verbond en sy wette.
Here, vergewe my sondes, dit is baie,
doen dit, want ek behoort aan U.
Wanneer iemand die Here wil dien,
dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe.
Dit sal altyd goed gaan met so iemand,
en die land sal aan sy nageslag behoort.
Die Here vertel vir die mense wat Hom dien,
alles wat Hy besluit,
Hy sê vir hulle wat sy verbond beteken.
Ek wag elke dag dat die Here my moet help,
want dit is Hy wat my voete losmaak
uit die vangnet waarin mense my wil vang.