Psalms 133

133
Dit is mooi wanneer broers in vrede saam woon
1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid.
Julle moet dit weet: Dit is goed, dit is mooi
wanneer broers in vrede saam woon.
2Dit is soos wanneer goeie olyf-olie
afloop van die kop tot op die baard,
die baard van Aäron,
en dan verder afloop op die kraag van sy klere.
3Dit is soos die dou van Hermon-berg
wat afloop tot op die Sion-berge.
Want daar op die Sion-berge het die Here sy volk geseën,
Hy het vir hulle die lewe gegee wat altyd aanhou.

Tans Gekies:

Psalms 133: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan